Elegans selfsorg huisie 3ster

Noord front, twee slaapkamers elk met eie ensuite badkamers. Oopplan kombuisie, eetkamer, sitgedeelte en binnebraai. Stoep met tuinmeubels asook buitebraai. Trappe trappe trappe

Elegans is 'n selfsorg huisie met twee slaapkamers (slaap 4) wat 3/4 beddens het. Linne, handdoeke en elektriese kombers vir die winter. Daar is 'n stoel, klerekas en spieeltafel in die sonnige slaapkamers. Die badkamers is ensuite met 'n instapstort en geen baddens. Die woonarea is oopplan met 'n klein kombuisie, eetkamertafel en sit-gedeelte. Daar is 'n yskas, mikrogolf, klein oondjie met twee plate, 'n ketel en toaster. Pragtige uitsig by die dubbelsink deur die venster op 'n ou huisie. Lekker groot binnebraai en daar is genoeg messe, breekware en glase om heerlik te onthaal en kuier. Die voorstoep het tuinmeubels en trappe met 'n mooi uitsig op die plaas. Daar is trappe by die agter en voordeur want die huisie is gelig om spesiaal die uitsigte te verbeter.

Tariewe

blomtyd gedurende Augustus en September 01 Aug 2023 - 30 Sep 2023
R2600.00 Per Unit Per Night
buiteseisoen 01 Oct 2023 - 31 Jul 2024
R2000.00 Per Unit Per Night