Blomhuis

Die huis is ’n baie ou gebou van sandsteen met dik mure. Dit het 3 kamers (twee dubbelbeddens en twee enkelbeddens) met 2 badkamers. Ses mense kan hier bly en daar is ook 'n buitebraai met 'n afdak by die stoep. Vir ontspanningsdoeleindes het ons 'n dagbed in die sitkamer om rustig te lê en 'n lekker boek te lees. Net storte, geen baddens. Wifi en ligte tydens beurtkrag, Toegerus met linne, handdoeke en elektriese komberse. Selfsorg.