Meer Oor Die Plaas

Ligging

Die afstand van Kaapstad na Nieuwoudtville is 350 km en van Upington is dit 480 km. Kapenaars neem die N7 verby Piketberg, Klawer en draai regs by Vanrhynsdorp. Ry tot by Nieuwoudtville en draai dan links na Loeriesfontein. Neem die eerste pad links by Grasberg (’n grondpad). Die plaas is die eerste een op linkerkant. Van Upington ry jy deur Kenhardt, Brandvlei, Calvinia en dan Nieuwoudtville. Hier draai jy regs na Loeriesfontein en neem die eerste pad links by Grasberg - dis ’n grondpad. Willemsrivier is die eerste plaas op linkerkant. 

Koördinate -31.346707, 19.088976

Geografie

Willemsrivier lê op die Bokveld-platorand (950 meter bo seevlak). Nieuwoudtville is bekend vir sy unieke plantegroei en verskillende grondsoorte, met die grootste verskeidenheid van inheemse bolgewasse in die wêreld. Die winterseisoen het ’n koue klimaat met reën en ysige temperature en dan weer ’n warm somer met hoë temperature. Die beste tye om op Willemsrivier te kuier is in die herfs, winter en lente. Blomme is seisoenaal: April (kandelaar-lelies), Mei (kokerbome in blomseisoen) August, September (lente-blomme) en bolplante in Oktober.

Op die plaas

Historiese geboue sluit in: BoetaPaul, OumaMiemie, Blomhuis, Peperboom, Gletser and JoodseWinkel. Al die geboue is opgeknap en word aangebied as verblyf. Historiese geboue wat besigtig kan word, sluit in: Die ou kerk, ou skool, ou tronk en die Smuts/Maritz Kantoor.
’n Besoek aan die ou grafte is ’n móét, sowel as die fontein en ou trekkers. Aangesien dit ’n werkende skaapplaas is, is skaapskeer in Augustus en in die herfs ’n baie besige tyd. Ander aantreklikhede is die 4x4-roetes, stap-, en seisoenale blomroetes sowel as ’n besoek aan Ouplaas vir die sandklip-ruïnes. Die blommeseisoen is in Augustus en September met bolgewasse in Oktober.

Geskiedenis van Willemsrivier

Willemsrivier dateer terug na 1745 met ou historiese geboue in twee rye wat ’n breë hoofpad op die tradisionele “vierkant” vorm, naby ’n meerjarige fontein wat water aan die plaas verskaf. Die plaas is reeds sedert 1832 in die Kotze’s se besit.

Die oudste geboue sluit in: Die Smutz/Maritz Kantoor, ou skool, ou tronk en ’n lang huis. Ander geboue sluit in die Joodse Winkel sowel as die McGregor-huis. Daar is ook ’n ou “hulp”-kerk wat terug dateer na 1875. Die trapvloer en begraafplaas is ook ’n besoek werd.

Geskiedenis

Generaal Smuts en Manie Maritz het by afsonderlike geleenthede in die Smuts/Maritz Kantoor tuisgegaan. Omdat hulle nie langs dieselfde vuur gesit nie het hulle nooit terselfdertyd in die huisie gebly nie.

Herwinning

Ons sorteer en was alle plastiek, metaal en glas - slegs droë skoon produkte. Ons was, laat alles eers droog word en daarna plaas ons dit in die herwinninghouers. Daarna word dit vervoer na Vredendal se depot. Hierdie proses is baie belangrik vir 'n skoon veilige omgewing. Ou, eetbare kombuisafval gee ons vir die mak plaasdiere oorkant Opstal. Ons wil graag hê ons gaste moet dieselfde proses volg. Ons doen dit om die aarde te beskerm en vir die volgende geslagte te bewaar. Theunis is die agtste geslag op Willemsrivier.

Wat ons gaste sê...