Gastehuisies

Blomhuis

Die huis is ’n baie ou gebou van sandsteen met dik mure. Dit het 3 kamers (twee dubbelbeddens en twee enkelbeddens) met 2 badkamers. Ses tot nege mense kan hier bly en daar is ook 'n buitebraai met 'n afdak by die stoep.

780x477 Meulhuis

Meulhuis

Meulhuis het 2 slaapkamers en beskik oor slaapplek vir 6 mense. Dit het ’n volle badkmer, ’n oopplan-kombuis, leefarea met ’n binne-braai op 'n beskutte onderdak stoep.

1 (1)

Waenhuis

Waenhuis is ’n gebou met twee vertrekke - die een vertrek is die leef/kombuis/slaapkamer en die ander is die badkamer met bad en stort. Hoewel dit baie klein is, is dit baie goed beplan. Twee mense kan hier slaap. Daar is ook ’n stoepie met ’n onderdak-buitebraai.

BoetaPaul

BoetaPaul het 2 slaapkamers. Een met ’n dubbel- en twee enkelbeddens, met nog ’n enkelbed op die stoep. Volle badkamer. Omhein vir troeteldiere, indien vooraf gereël. Vier tot ses mense kan hier bly en daar is 'n buitebraai met afdak by die stoep.

OumaMiemie

OumaMiemie het 2 slaapkamers - een met ’n dubbel- en ’n enkelbed met ’n kamer met 2 enkelbeddens. Dit het ’n volle badkamer. Daar is nog ’n enkelbed in die sitkamer. Die eenheid is ook omhein as jy jou honde wil saambring - voorafbespreking noodsaaklik.

Peperboom

Peperboom-huis is perfek geskik vir 'n gesin of studente.



335

Annex

Annex het 2 slaapkamers. Een met ’n dubbelbed en die ander een slaapkamer het vier enkelbedens. Dit het ’n volle badkmer, ’n oopplan-kombuis, leefarea met ’n binne-braai wat ook geskik is vir warm gesellige aande en om te braai, en ’n dubbelbank in die sitkamer.

JoodseWinkel

Die huis het een slaapkamer met ’n koningingrootte bed. Twee tot drie mense kan hier slaap. Dit het een badkamers, oopplan-kombuis met ’n leefarea en ’n vuurmaakplek waar jy ook kan braai.

BachelorFlat

Hierdie huis kan twee mense akkommodeer, het een badkamer en ’n buitebraai by die stoep. Die huis is omhein en besoeker is welkom om hul troeteldiere te bring, maar dit moet vooraf gereël word.

Braaiplek

Braaiplek-huis is geskik vir vier tot vyf persone of 'n gesin



2 (1)

SandCastle

SandCastle is ’n gebou met twee vertrekke - die een vertrek is die leef/kombuis/slaapkamer en die ander is die badkamer met bad en stort. Hoewel dit baie klein is, is dit baie goed beplan. Twee mense kan hier slaap. Daar is ook ’n stoepie met ’n onderdak-buitebraai.

1 (2)

BakOond

BakOond is die nuutste gerestoreerde huisie by Willemsrivier. Dit is gerieflik vir 'n paartjie wat wil wegbreek van roetine en afskakel. BakOond het een slaapkamer, met 'n vol badkamer (bad en stort) asook oopplan sit/eet/kombuis met 'n lieflike binnebraai. Tot 2 mense kan by die lieflike gastehuis oorslaap.