Meer Oor Ons

Die name van die huisies op die plaas, soos BoetaPaul, JoodSeWinkel en OumaMiemie, vertel elkeen ’n storie.


home_surveyor_sep2

Wat is Willemsrivier?


’n Unieke gasteplaas met 'n aktiewe skaapboerdery en besonderse geskiedenis. Klik hier vir ’n kaart van die besienswaardighede op die plaas.


Ryk verlede


Die plaas dateer terug tot 1745 met ’n magdom interessante staaltjies. Elke gastehuis is genoem na iemand of iets spesiaal in die plaas se geskiedenis.


Willemsrivier is ’n unieke toeriste-bestemming

Daar is talle historiese geboue om te besigtig soos byvoorbeeld die Smuts/Maritz Kantoor, die Waenhuis, die Opstal en talle meer. Vir die avontuurlustiges is daar ook ‘n 4x4-roete en staproetes



 

Aktiwiteite op die plaas

Die Kotzé's boer met vleis, wol en Rooibostee asook aangeplante weiding. Besoekers aan die plaas is meer as welkom om die boerdery-aktiwiteite te besigtig. Skaapskeer is in Augustus en in die herfs. Dis veral interessant om te sien hoe vinnig die skeerders van die skape se dik wolle ontslae raak. Daar is talle mak diere op die plaas, waaronder ganse, bokke, eende en hoenders.