Ons span by Willemsrivier

Posted on Wed May 26, 2021.

Op Willemsrivier wil ons graag erkenning gee aan ons werkers – julle as span maak die proses van gerieflike verblyf op Willemsrivier saam met ons as eienaars moontlik. Met julle jarelange diens en betroubaarheid, hardwerkendheid en lojaliteit het ons besef dat julle ons steunpilare is! Ons seun, Theunis Kotzé, is die agtste geslag op Willemsrivier wat deel is van hierdie ongelooflike ervaring!

Ons skep ook werksgeleenthede in seisoentye, tydens blommetyd, asook tydens die skape se lam- en skeertyd en wanneer ons opgraderings op Willemsrivier doen. Ons probeer altyd om plaaslike arbeid/dienste/produkte te gebruik wat die beeld van Willemrivier wegdra.