Perskussing selfsorg huisie 3ster

Twee slaapkamers met ensuite badkamers, oopplan sit/eet met binnebraai en 'n buitebraai by die voorstoep.

Ruim huisie met twee slaapkamers wat elk eie badkamers het. 3/4 beddens en instap storte. Geen baddens. Handdoeke word voorsien asook toegerus met elektriese kombers. Noord front met sonnige slaapkamers. Oopplan kombuisie met eetkamertafel en sit-gedeelte. Daar kan net maksimum 4 persone slaap maar die huisie is toegerus met genoeg eetgerei, borde en glase om lekker te onthaal en te kuier saam met geliefdes. Mooi uitsig vanuit die kombuisvenster se dubbel wasbak op die ou kerkie. Die voorstoep het ook tuinmeubels en uitsigte oor die plaas. WiFi en ligte werk tydens beurtkrag.

Tariewe

blomtyd gedurende Augustus en September 01 Aug 2023 - 30 Sep 2023
R2600.00 Per Unit Per Night
buiteseisoen 01 Oct 2023 - 31 Jul 2024
R2000.00 Per Unit Per Night