Meer as net ’n plaas,
ook ’n historiese baken
Verryk jouself met geskiedenis, natuur en nostalgie
Verwag die tipiese warm gasvryheid van die mense van Nieuwoudtville en verlustig jouself aan die ryk en soms komiese geskiedenis van hierdie unieke plaas.
Meer as 30 kamers in karaktervolle huisies, geleë slegs 4 km van Nieuwoudtville, spesiaal vir daardie rustigheid en gemak wat jy verdien.
Skop jou skoene uit en geniet die vreedsaamheid, stilte
Huise

Mense
Skud die stof af en sit terug terwyl jy die vreedsaamheid van Willemsrivier geniet. Met meer as 30 kamers en plek vir meer as 40 mense, is dit die ideale bestemming vir enigiemand wat die Hantam wil besoek.
Daar is 11 huisies by Willemsrivier.

Willemsrivier kom in Kotzé besit
In die vroeë 1800’s het ‘n weduwee Carstens met vier dogters op Willemsrivier gewoon. Twee van hulle was ‘n tweeling. Agter die werf na die fontein se kant toe, was daar vier dennebomme in ‘n ry geplant wat die dogters gesimboliseer het...
LEES MEER

Die storie agter die naam
Oorspronklik was die plaas se naam eers “Kliprivier”, genoem na die rivier wat daar vloei. Maar nadat ‘n geweldadige Khoi-groep ‘n San-vrou wat beeste vir een van die vroeëre geslagte Kotzé’s opgepas het, in die veld vermoor het, het die boer besluit om die plaaswerf te...
LEES MEER

Koring met perdewa aangery
Nadat die koring met die sekels afgesny en in gerwe gebind is, is dit met ‘n perdewa na die dorsvloer aangery. Later van tyd is ‘n snymasjien gebruik om die koring te sny en gerwe te bind. Langs die dorsvloer is ‘n groot mied gepak. Die...
LEES MEER
